Modulekode | FIL 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Filosofiese hermeneutiek en sosiale filosofie Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is ’n bespreking en analise van filosofiese perspektiewe op die hermeneutiese probleem (die probleem van verstaan en interpretasie), met spesifieke aandag aan kontemporêre denkers soos Nietzsche, Heidegger, Gadamer en Derrida. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is sosiale filosofie waar filosofiese vrae oor sosiale vorme, strukture, instellings, praktyke, gewoontes en etos geopper word. ’n Reeks temas kan ondersoek word, soos byvoorbeeld struktuur en agentskap, sosiale denkbeelde (“social imaginaries”), nuwe sosiale formasies, institusionele kulture, geslag en seksualiteit, subjek en konstitusie, en andere. Verder word die gesitueerdheid van hierdie temas in ’n spektrum van benaderings ontleed en ondersoek. Sulke benaderings sluit in kritiese teorie, ideologie-teorie, kontrakleer, sosiale aksie- of handelingsteorie, metaforologie, kritiese ras-teorie, genealogie, en andere.
|
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Voorvereistes | FIL 110, 120, 210, 220 en 310 |
Kontaktyd | 2 lesings per week, 1 besprekingsklas per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Filosofie |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App